Woord vir Vandag - 9 Feb 2026

Loading player...
“Daar wag teëspoed vir iemand wat sy pa verwyt omdat hy hom gemaak het…” Jesaja 45:10 DB
Aanvaar en waardeer jou fisiese voorkoms
Jesaja het gesê dat God ‘…my as sy dienaar in my ma se skoot gemaak het…’ (Jesaja 49:5 NLV). God het elkeen van ons doelbewus vir sy diens gevorm. Hoe kan ons dan kla dat ons te kort, te lank, te donker, te blond, of enigiets anders wat ons nie kan verander nie, is? Die woord ‘te’ impliseer dat iets meer is as wat dit behoort te wees. Hoe kan enigiets wat God gevorm het te veel wees? Wat ons eintlik sê, is die volgende: ‘Hierdie eienskap voldoen nie aan die samelewing se voorgeskrewe standaard van skoonheid nie.’ Daarom laat ons toe dat ons unieke eienskappe ons onseker laat word en ons van ons selfvertroue beroof. Ons voel dan dat ons enigste oplossing is om die ongewenste eienskap te verander. Wat ‘n klap in God se gesig. ‘Daar wag probleme vir iemand wat staan en stry met die een wat hom gemaak het. Hy is soos ‘n kleipot wat van klei gemaak is. Die klei kan mos nie vir die pottebakker sê nie: ‘Wat is jy besig om te doen? Weet jy dan nie wat om met jou hande te maak nie?’ …Die Here... sê vir hulle: Wil julle My nou voor stok kry oor my kinders? Wil julle vir My kom beduie wat Ek moet doen?’ (Jesaja 45:9-11 DB). Jy sal jou emosionele sekuriteit versterk wanneer jy met elke aspek van jouself vrede maak. Selfbewustheid en bekommernis oor jou uiterlike voorkoms sal dan verdwyn. Jy baan die pad vir jou ware innerlike skoonheid om deur te skyn. Dis tyd om liggaamlike vrede te ervaar, wetend dat jy vir jou lewensdoel ontwerp is, volgens maat vir jou opdrag gemaak is en perfek vir jou doel is.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min