Woord vir Vandag - 10 Feb 2026

Loading player...
“Hierdie geringe mens het geroep, en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered.” Psalm 34:7 NLV
‘Rescue Me’
Dit was vyf-en-twintig jaar sedert Fontella Bass se enkelsnit, ‘Rescue Me,’ nommer een op die trefferlyste gehaal het. Sy het geen loopbaan meer gehad nie, sy was bankrot, moeg en koud. Die enigste hitte in haar huis het van die gasstoof in die kombuis gekom. Sy het van haar geloof en die kerk waar sy as kind gospelliedjies begin sing het, afgedwaal. Terwyl sy gebid het, het Fontella God gevra vir ‘n teken om te bevestig dat Hy haar gebede gehoor het. Skielik het sy haar trefferliedjie ‘Rescue Me’ op ‘n televisie-advertensie gehoor! Vir haar was dit asof ‘die Here reguit in my wêreld ingestap het!’ Fontella was onbewus daarvan dat American Express haar liedjie in ‘n advertensie begin gebruik het en haar nie kon opspoor om tantième aan haar oor te betaal nie. Nie net het sy uiteindelik die tantième ontvang nie, maar nuwe geleenthede om te sing het ook vir haar begin oopgaan. Kort daarna het sy ‘n nuwe album vrygestel. Die beste nuus was egter dat sy haar verhouding met die Here hernu het. ‘Vir soveel jare het ek probeer om alles op my eie te doen, maar dit het nie gewerk nie,’ het sy gesê. ‘Toe het ek dit uit my hande geneem en aan Hom oorhandig, en nou gebeur alles vanself.’ Die Psalmdigter Dawid het geskryf: ‘Hierdie geringe mens het geroep, en die Here het gehoor. Hy het hom uit al sy benoudheid gered… Beproef en sien dat die Here goed is. Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou!’ (Psalm 34:7,9 NLV). Wat God vir Dawid en Fontella Bass gedoen het, sal Hy ook vir jou doen wanneer jy na Hom toe draai.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min