Woord vir Vandag - 11 Feb 2026

Loading player...
“Josua het daarna ’n altaar op die Ebalberg vir die Here, die God van Israel, gebou.” Josua 8:30 NLV
Seëninge en straf; die keuse is joune
Die Bybel sê: ‘Josua het daarna ‘n altaar op die Ebalberg vir die Here, die God van Israel, gebou… soos… voorgeskryf…‘Maak vir my ‘n altaar met klip wat nie met ‘n ysterinstrument bewerk is nie.’ Hulle het op die altaar brandoffers vir die Here gebring… Al die Israeliete… is in twee groepe verdeel… Een deel het by die Gerisimberg gestaan en die ander deel by die Ebalberg… Josua het toe vir hulle alles wat die wet sê oor seën en straf voorgelees, soos in die boek van die wet geskryf staan’ (Josua 8:30-34 NLV). Daar is twee belangrike lesse uit hierdie gebeurtenis te leer. Eerstens, ‘…‘n altaar met klip wat nie met ‘n ysterinstrument bewerk is nie…’ spreek van God se onverdiende genade teenoor ons – daar is geen menslike pogings betrokke nie. ‘Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie as gevolg van julle dade nie…’ (Efesiërs 2:8-9 NLV). Tweedens, let op waar hierdie altaar gebou is. Die helfte van Israel het by Gerisimberg en die ander helfte by Ebalberg gestaan. Diegene by Gerisimberg het hom die seëninge hoor lees en diegene by Ebalberg het hom die strawwe hoor lees. Die altaar is egter nie op Gerisim, die berg van seëninge, gebou nie, maar op Ebal, die heuwel van straf. Die boodskap is duidelik: selfs wanneer jy foute maak, is God genadig teenoor jou. C. S. Lewis het gesê: ‘Gehoorsaamheid is die sleutel wat elke deur oopmaak.’ Selfs wanneer jy dus misluk en aan God ongehoorsaam is, kan jy terugkeer na die altaar van genade by Ebalberg. Dit is gebou vir mense soos jy.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min