Woord vir Vandag - 12 Feb 2026

Loading player...
“Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig…” Spreuke 8:14 AFR83
Oorkom die vrees vir sukses
Die vrees vir sukses ontspoor baie drome. Soms raak diegene naby aan jou wrokkig wanneer jy sukses behaal. Om suksesvol te wees, kan jou ook angstig laat voel en laat vrees dat jy nie jou sukses sal kan handhaaf nie. Dan is daar ook die vrees dat jy mense sal aantrek wat jou sukses wil misbruik. Salomo het ons gewaarsku: ‘Rykdom bring baie mooiweersvriende…’ (Spreuke 19:4 NLV). Dan is daar die vrees om met voortdurende versoeke vir geld gebombardeer te word. Wat as jy nee sê? Jy moet jou hart volg, gee soos God jou lei en die res aan Hom oorlaat. Dawid het gesê: ‘…u genade is vir hulle soos ‘n skild’ (Psalm 5:13 NLV). Die guns van God kan van jou ‘n teiken maak. Alhoewel jy altyd moet probeer om deur jou gedrag regverdig teenoor ander mense te wees, kan jy nie God se guns verwerp net om te keer dat ander afgunstig raak nie. Jy moet God se guns as deel van jou lewensdoel omhels. Miskien is daar vir jou gesê dat jy nooit sukses sal behaal nie, dus voel jy dalk dat jy dit nie verdien nie en dat dit nie sal hou nie. Jy mag dan op so ‘n manier optree dat jy jouself saboteer, wat jou eie ergste vrese bevestig en dit tot verwesenliking bring. Wat moet jy dus doen? Eerstens, dank God dat jy die wortel van jou probleem verstaan. Tweedens, praat met ‘n goeie luisteraar daaroor. Soos jy jouself hoor praat en die probleem in perspektief plaas, mag jy jouself bevind waar jy jou met die woorde van Salomo begin identifiseer: ‘Wie my het, het raad en behaal sukses, ek verleen insig, ek is die een wat die mag gee.’
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min