Woord vir Vandag - 13 Feb 2026

Loading player...
“Staan sterk en doen haarfyn alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses.” Josua 23:6 NLV
Lewe volgens die beginsels van God se Woord
Toe die Israeliete die Beloofde Land binne gegaan het, het God vir Josua gesê: ‘Staan sterk en doen haarfyn alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses.’ Jy moet jou kernwaardes identifiseer en daarvolgens leef. Die Switserse filosoof Henri-Frederic Amiel het gesê: ‘Die man wat geen innerlike lewe het nie, is ‘n slaaf van sy omgewing.’ Jou kernwaardes is die beginsels waarvolgens jy leef. Dit is die lig wat jou lei. Dit gee stabiliteit en struktuur aan jou innerlike wêreld. Wanneer jou kernwaardes in orde is, kan jy jou pad deur amper enigiets vind. Het jy al ooit gewonder hoekom God na sy Woord as ‘n ‘wetboek’ verwys? Omdat dit jou gedagtes en dade beheer, jou in die regte rigting lei en jou teen moeilikheid beskerm. Kernwaardes orden jou lewe; daarsonder word jy met chaos en verwarring gekonfronteer. God het sy wette vir ons beswil ingestel. Wanneer ons hulle nie gehoorsaam nie, ly ons; wanneer ons hulle eerbiedig, slaag ons. Jy kan nie kies watter wette jy wil gehoorsaam en van die res vergeet nie. God sê: ‘…Voer al die opdragte uit… Jy sal dan suksesvol wees in alles wat jy doen’ (Josua 1:7 NLV). Baie talentvolle mense wat die kollig haal, bly nie lank daar nie. Hoekom? Omdat hulle nie daarin slaag om ‘n sterk karakter te ontwikkel nie. Hul gebrek aan integriteit pootjie hulle, omdat hulle nie verder as die beperkings van hul karakter kan klim nie. Talent mag jou na ‘n hoër vlak van sukses neem, maar sonder karakter sal jy nie die druk wat met sukses gepaardgaan, kan hanteer nie. Daarom is dit so belangrik om volgens die beginsels van God se Woord te leef.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min