Woord vir Vandag - 14 Feb 2026

Loading player...
“…Hulle het egter nie by die Here gaan raad vra nie.” Josua 9:14 NLV
Raadpleeg God oor alles
Leef met jou ore op die hemel gespits: ‘Kom hierdie geleentheid van U, God?’ ‘Is U betrokke by hierdie onderneming, God?’ ‘Moet ek hierdie pad neem, God?’ Eenkeer het Josua dit nie gedoen nie en duur daarvoor betaal. ‘n Groep vreemdelinge het die kamp van Israel binnegegaan en gesê: ‘…Ons kom van ‘n baie ver land af…’ (vers 9 NLV). Hierdie vreemdelinge het klaarblyklik geweet dat God se wet spesiale voorsiening gemaak het vir stede buite Kanaän (sien Deuteronomium 20:10-12). Enige stad wat instem om ‘n vredesverdrag met Israel te sluit, sou gespaar word. Dus het hierdie vreemdelinge besluit om die Israeliete te mislei. Drie dae het verbygegaan voordat Josua besef het dat hulle vir hom gelieg het. Hierdie mense was nie van ‘n verre land nie; hulle was van Gibeon, net ‘n dag se stap weg. Josua het dus ‘n verdrag met die vyand gesluit, omdat hy nie eers vir God geraadpleeg het nie. Ons moet uit Josua se fout leer. Ons vyand vermom homself ook om ons kamp binne te kom: ‘…Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is’ (2 Korintiërs 11:14 NLV). Hy is listig. Daarom is dit noodsaaklik dat ons God in alles raadpleeg. Ons moet God by elke besluit en kruispad erken, na Hom luister en vir Hom vra: ‘Moet ek regs of links draai?’ Dawid het gesê dat God se Woord ‘n lamp vir ons voete is (sien Psalm 119:105), nie ‘n kollig op die toekoms nie. Hy gee ons genoeg lig om die volgende stap te neem. Wanneer ons bid, spreek Hy tot ons harte: ‘Jy sal ‘n stem hoor sê: ‘Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs’ (Jesaja 30:21 NLV). Raadpleeg God dus oor alles.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min