Woord vir Vandag - 17 Feb 2026

Loading player...
“Innerlike kalmte bevorder die gesondheid. Jaloesie vreet ‘n mens op.” Spreuke 14:30 NLV
Weerstaan jaloesie
Sommige mense is te onseker van hulself om die sukses of prestasies van iemand anders te vier, of dit nou ‘n kollega, verre familielid, broer of suster, eggenoot of selfs ‘n kind is. Hulle voel dat hulle vergelykbare sukses moet behaal sodat hulle nie minderwaardig sal voel nie. As hulle wel ‘n soortgelyke persoonlike prestasie behaal het, is hulle vinnig om dit te noem. Die waarheid is dat iemand altyd meer sukses en iemand altyd minder sukses as jy sal behaal. Dit verg daaglikse, pligsgetroue inspanning om ontevredenheid te beveg en om die vlak van sukses wat God jou mee geseën het, te geniet. Advertensies, reklameborde en selfs welmenende familie en vriende stuur die boodskap uit: ‘Jy kort iets. Koop dit, koop dat!’ Salomo het gesê: ‘Dit is baie beter om min te hê en ook respek vir die Here, as om groot rykdom te besit met die onrus daarmee saam’ (Spreuke 15:16 NLV). Hebreërs 13:5 (NLV) sê: ‘Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.’’ Indien jy die behoefte voel om mee te ding wanneer iemand anders gekomplimenteer word, moet jy onmiddellik die gees van onsekerheid wat jou probeer verstrik, herken en verwerp. Begin om hierdie soort gedrag te verwerp deur op die teenoorgestelde manier te reageer. Oefen om jou onsekerheid te laat vaar en iemand anders se prestasies te geniet. Laat jou geloof jou gedrag bepaal. Wanneer jy die Gees gehoorsaam en Hom toelaat om jou optrede te bepaal, word die vlees swakker en word uiteindelik aan die Gees se beheer onderwerp.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min