Woord vir Vandag - 18 Feb 2026

Loading player...
“Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak.” Hebreërs 13:16 NLV
Deel wat jy het
Hudson Taylor, die stigter van die China Inland Mission, het hom vir sy sendingdiens voorberei deur onder die armes in Londen te werk. Eendag het ‘n man hom gevra om vir sy siek vrou te kom bid. Die man het reeds ‘n priester gevra om vir haar te bid, maar is meegedeel dat hy die priester agtien pennies sou moes betaal, wat hy nie gehad het nie. Taylor het saam met hom gegaan, maar sy gewete het hom gepla. Hy het self honger gely, maar hy het een muntstuk in sy sak gehad – ‘n halfkroon. Hy het gedink: ‘As ek net twee sjielings en ses pennies in plaas van hierdie halfkroon gehad het, sou ek hierdie arme mense ‘n sjieling kon gee.’ Met sy aankoms by die man se huis was hy oorweldig toe hy die ingevalle wange van honger kinders en die uitgeputte moeder wat met ‘n klein baba langs haar lê, sien. Taylor het met hulle gepraat en hulle probeer vertroos en bemoedig, maar innerlik het hy homself gekasty: ‘Jou skynheilige! Jy vertel hierdie mense van ‘n goedhartige en liefdevolle hemelse vader, maar jy is nie bereid om Hom vir genoeg te vertrou nie.’ Hy gee toe sy halfkroon vir die man. Taylor het vertel hoe die vreugde van die Here op daardie oomblik in sy hart teruggekeer het. Die Bybel sê: ‘Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak.’ Wat maak die Here se hart bly? Jou bereidwilligheid om dit wat God jou genadiglik gegee het, met diegene in nood te deel. Die gesegde is waar: Jy kan gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min