Woord vir Vandag - 21 Feb 2026

Loading player...
“Wat julle ook al… doen, doen alles tot eer van God.” 1 Korintiërs 10:31 NLV
Doen alles tot eer van God (1)
Wanneer dit by jou roeping kom, let die volgende twee dinge op: 1) God roep nie die mense wat reeds vir die taak gekwalifiseerd is nie, Hy kwalifiseer die geroepenes. ‘n God-gegewe droom sal altyd buite jou vermoë en hulpbronne wees, omdat jy dan elke liewe dag op God moet staatmaak! Dawid het gesê: ‘As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs…’ (Psalm 127:1 NLV). Jesus het gesê: ‘…Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (Johannes 15:5 NLV). Paulus het gesê: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV). 2) In plaas daarvan om krities te wees, wees kreatief. Kritiek is dikwels net ‘n uitweg vir diegene wat te lui is om die probleem waaroor hulle kla op te los. In plaas daarvan om films of musiek te kritiseer, vervaardig eerder ‘n film of ‘n album wat beter is as die een waaroor jy kla. Die mees konstruktiewe kritiek word kreatiwiteit genoem. Ons behoort meer vir dit waarvoor ons is, as dit waarteen ons is, geken te word. Enigeen kan probleme uitwys. Ons word egter geroep om hierdie probleme op te los deur beter boeke te skryf, beter skole te begin en beter wetgewing op te stel. Ons is gesalf om dit te doen! ‘Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie. Ja, soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly’ (1 Johannes 2:27 AFR83).
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min