Woord vir Vandag - 22 Feb 2026

Loading player...
“Julle almal weet egter waaroor dit gaan, want julle dra die salwing van die Heilige Gees.” 1 Johannes 2:20 NLV
Doen alles tot eer van God (2)
Hier is nog twee dinge wat jy oor jou roeping moet weet. 1) Die salwing is vir elkeen van ons bedoel. In Bybelse tye is olie slegs op die hoofde van profete, priesters en konings uitgegiet, wat simbolies was dat God se teenwoordigheid op ‘n spesiale manier op hulle rus. Die salwing is egter nie tot diegene in die bediening beperk nie; dit is vir almal bedoel - insluitend vir jou! Dit maak nie saak of jy ‘n onderwyser, ‘n dokter of ‘n prokureur is nie. God wil jou salf om te doen wat jy geroep is om te doen. As jy regshulp nodig het, wil jy beslis ‘n prokureur hê wat ‘n regsgraad het, maar jy wil ook ‘n prokureur hê wat deur God gesalf is. As jy ‘n operasie benodig, wil jy beslis ‘n dokter hê wat ‘n mediese graad het, maar jy wil ook ‘n dokter hê wat se hande deur God gesalf is. Die salwing van God ken geen perke wanneer dit by posisie of portefeulje kom nie. Die apostel Johannes skryf: ‘Julle almal weet egter waaroor dit gaan, want julle dra die salwing van die Heilige Gees.’ 2) Ons moet daarna streef om God in alles wat ons doen, te behaag. ‘Wat julle ook al… doen, doen alles tot eer van God’ (1 Korintiërs 10:31 NLV). Dit maak nie saak wat jy doen nie; doen dit tot eer van God. Oswald Chambers het gesê: ‘Ons dink dat ons uitsonderlike dinge vir God moet doen, maar ons hoef nie. Ons moet in gewone dinge uitsonderlik wees.’ Wanneer ons is, sit ons ‘n glimlag op God se gesig.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min