Woord vir Vandag - 23 Feb 2026

Loading player...
“los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer.” Matteus 5:24 NLV
Probeer om te versoen
Ons dink nie genoeg aan die volgende nie, maar ons behoort daaraan te dink! Hoe jy diegene met wie jy in verhouding is behandel, beïnvloed die verhouding wat jy met God het. Jesus het dit duidelik uitgespel: ‘As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens ‘n grief teen jou koester, los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer’ (verse 23-24 NLV). Jesus beveel die oortreder - selfs al was die oortreding onbedoeld - om die inisiatief te neem om die verhouding te genees en te herstel. Dit verg ware nederigheid. Max Lucado skryf: ‘Jy mag dit dalk moeilik vind om te glo, maar nie almal hou van ‘n prediker nie. Daar is tye wanneer ek verkeerd trap of verkeerd praat en die misnoeë van ‘n gemeentelid op die hals haal. In die vroeë jare van my bediening, wanneer ek van iemand se ongelukkigheid te hore gekom het, het ek dit geïgnoreer. ‘As hy of sy nie hul ongelukkigheid met my kom bespreek nie, kan ek nie die probleem oplos nie.’ Dan lees ek egter Jesus se woorde. Jesus beveel die oortreder om die inisiatief te neem. Ek vind dit nogal onaangenaam, maar tog probeer ek om dit op my brose vriendskappe toe te pas. ‘Bob,’ het ek al gevra, ‘het ek iets gesê wat jou ontstel het?’ ‘Mary, dit kom voor asof daar spanning tussen ons twee is. Is alles reg?’ Sonder uitsondering het hierdie stap tot herstel gelei. Nog nooit in my vier dekades van bediening het hierdie praktiese bevel misluk nie. Wanneer die Skrif met gehoorsaamheid gemeng word, lei dit tot genesing.’ Die woord vir jou vandag is dus: Probeer om te versoen.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min