Woord vir Vandag - 24 Feb 2026

Loading player...
“Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus…” 2 Petrus 3:18 NLV
Hoe om vir jou kinders te bid
Die Bybel sê: ‘Jy moet ook dít weet… dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom’ (2 Timoteus 3:1 NLV). Ons hoef nie ver te soek om te sien dat hierdie Skrif vervul word nie. Daarom moet ons vir die fisiese en geestelike veiligheid van ons kinders bid; dat hulle mag ‘…groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here…’ Heather Riggleman skryf: ‘Terwyl ons na die nuus kyk, ween ons, ons roep uit in woede en dan wonder ons: ‘Hoe kan ons ons kinders beskerm?’ Ons wonder of dit veilig is om hulle by die voordeur uit te stuur. Ons wonder of die wêreld besig is om uitmekaar te val. Niks is meer vreesaanjaend as die besef dat ons hulle nie teen die lewe kan beskerm nie. Alhoewel ons nie ons kinders vir die wêreld kan wegsteek nie, kan ons hulle op veel groter maniere beskerm as om hulle in watte toe te draai of hulle vir die res van hul lewe in hul kamers toe te sluit. Ons kan vir hulle intree en vir wysheid, beskerming, vrede en krag bid.’ Onthou, waar ons ook al bymekaar kom en bid, is Jesus in ons midde (sien Matteus 18:19-20). Paulus het gesê: ‘Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied… Doen alles deur gebed en smeking… Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort’ (Efesiërs 6:13, 18 NLV). Wanneer jy so bid, sal God die beloftes in sy Woord eerbiedig. Hou aan om vir jou kinders in gebed in te tree en moenie moed opgee nie - maak nie saak hoe sleg dinge in die wêreld raak nie.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min