Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

Loading player...
“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV
Vertrou op die Here, eerder as op mense
Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie, maar mense wel, word ons uiteindelik seergemaak en teleurgesteld. Die Bybel sê dat koning Asa van Juda ‘n hart vir God gehad het. Tog, toe ‘n vyandige nasie teen hom opgetrek het, het hy paniekerig geraak en ‘n verdrag met ‘n ander koning aangegaan. Hy het dit met fondse wat hy uit die tempel van God geneem het, gedoen. Sy vyand het teruggetrek toe hy die nuus van Asa se verdrag hoor. Asa het ‘n oplossing vir sy probleem gevind. Sy plan het gewerk – of so het dit altans voorgekom. God het egter die profeet Ganani gestuur om koning Asa te bestraf. Hoekom? ‘…Omdat jy op die koning van Aram vertrou het in plaas van op die Here jou God…’ (2 Kronieke 16:7 NLV). Dit is dikwels die lot van diegene wat hoogs logies en intelligent is. Hulle vertrou op hul eie vermoë om ‘n oplossing vir hul dilemmas te vind. Ganani het voortgegaan om Asa te bestraf: ‘Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Wat ‘n dwaas was jy nie! Daarom sal jy van nou af gedurig oorloë hê’ (2 Kronieke 16:9 NLV). Later in sy lewe het Asa ‘n ernstige siekte opgedoen. ‘…Maar selfs in sy siekte het hy nie hulp by die Here gesoek nie, maar by sy dokters’ (2 Kronieke 16:12 NLV). Hulle kon hom nie help nie, dus het hy gesterf. Die woord vir jou vandag is dus: Moenie mense die vertroue gee wat alleenlik op die Here geplaas moet word nie.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min