SA Reserwebank hou rentekoers op 6,75%

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om die rentekoers onveranderd te hou op 6,75-persent, in die lig van bestendige ekonomiese groei en inflasie wat naby aan sy teiken van drie-persent is. Die president, Lesetja Kganyago, het op 'n nuuskonferensie gesê die ekonomie het oor vier agtereenvolgende kwartale gegroei, gelei deur huishoudelike besteding, maar belegging bly swak. Kganyago sê die sentrale bank het aangedui geleidelike rentekoersverlagings kan volg namate inflasie 'n plato bereik, met neutrale koerse wat teen volgende jaar verwag word:
29 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geslagsministerie verduidelik pogings teen GBV

Onlangse moorde op vroue, insluitend dié van die 33-jarige Regina Kondombolo, wie se liggaam Maandag in Otjomuise Uitbreiding 2 ontdek is, het versoeke tot dringende optrede in die Nasionale Vergadering aangespoor. Wetgewers het die Geslags- en Kinderwelsyn-ministerie versoek om sy pogings te verskerp om geslagsgebaseerde geweld dringend aan te spreek,…
12 Feb 10AM 1 min

NRU het op louere gerus, is nou wakker: kommentator

Die Namibiese Rugby-unie het 'n vandeesweek 'n herboufase van 2026 tot 2031 aangekondig, na die nasionale span nie gekwalifiseer het vir die 2027 Rugbywêreldbeker nie en befondsing van Wêreldrugby verloor het. Volgens die NRU gaan die herbou finansiële groei insluit sowel as bestuurkwessies wat aangespreek sal word. Kosmos 94.1 Nuus…
12 Feb 10AM 1 min

Kom stap saam vir kinders met kanker

Hierdie naweek stap Namibiërs uit solidariteit met kinders wat teen kanker veg en einde-van-lewe behandeling nodig het. Terwyl die wêreld Sondag Wêreldkankerbewustheidsdag vir Kinders vier, doen die Kankervereniging van Namibië, saam met die Lions-klub en wêreldwye pediatriese onkologie-vennote, 'n beroep op gesinne landwyd om hierdie Saterdag vir hoop te stap…
12 Feb 9AM 1 min

NNN op pad na belangrike Afrika-unie vergadering

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vertrek na Addis Abeba in Ethiopië om die 39ste gewone sitting van die Afrika-unie se vergadering van staatshoofde en regeringshoofde by te woon, wat vir 14 en 15 Februarie geskeduleer is. Leiers sal beraadslaag oor belangrike kontinentale kwessies, insluitend vrede en veiligheid, die uitkomste van die…
12 Feb 9AM 1 min