Niks met koshuiskos verkeerd nie, sê Kavango-Wes

Loading player...
Die Kavango-Wes-streeksraad doen stappe om te verseker dat skole in die streek gesonde en eetbare kos aan koshuisleerders bedien. Dit volg nadat 113 van die 430 koshuisleerders by die Katjinakatji Gekombineerde Skool gedurende die week siek geword het nadat hulle brood en polonie geëet het. Raadswoordvoerder Matheus Hamunyela het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat mediese toetse geen giftige stowwe gevind het nie, en simptome het ooreengestem met algemene maagpyn.
31 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Geslagsministerie verduidelik pogings teen GBV

Onlangse moorde op vroue, insluitend dié van die 33-jarige Regina Kondombolo, wie se liggaam Maandag in Otjomuise Uitbreiding 2 ontdek is, het versoeke tot dringende optrede in die Nasionale Vergadering aangespoor. Wetgewers het die Geslags- en Kinderwelsyn-ministerie versoek om sy pogings te verskerp om geslagsgebaseerde geweld dringend aan te spreek,…
12 Feb 10AM 1 min

NRU het op louere gerus, is nou wakker: kommentator

Die Namibiese Rugby-unie het 'n vandeesweek 'n herboufase van 2026 tot 2031 aangekondig, na die nasionale span nie gekwalifiseer het vir die 2027 Rugbywêreldbeker nie en befondsing van Wêreldrugby verloor het. Volgens die NRU gaan die herbou finansiële groei insluit sowel as bestuurkwessies wat aangespreek sal word. Kosmos 94.1 Nuus…
12 Feb 10AM 1 min

Kom stap saam vir kinders met kanker

Hierdie naweek stap Namibiërs uit solidariteit met kinders wat teen kanker veg en einde-van-lewe behandeling nodig het. Terwyl die wêreld Sondag Wêreldkankerbewustheidsdag vir Kinders vier, doen die Kankervereniging van Namibië, saam met die Lions-klub en wêreldwye pediatriese onkologie-vennote, 'n beroep op gesinne landwyd om hierdie Saterdag vir hoop te stap…
12 Feb 9AM 1 min

NNN op pad na belangrike Afrika-unie vergadering

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vertrek na Addis Abeba in Ethiopië om die 39ste gewone sitting van die Afrika-unie se vergadering van staatshoofde en regeringshoofde by te woon, wat vir 14 en 15 Februarie geskeduleer is. Leiers sal beraadslaag oor belangrike kontinentale kwessies, insluitend vrede en veiligheid, die uitkomste van die…
12 Feb 9AM 1 min