Nuwe SA minimumloon bedreig werksgeleenthede: VF Plus

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê die regering se minimumloonbeleid ontbloot diepgaande ongelykhede, met werkers van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram wat byna die helfte verdien wat werknemers in die privaat sektor ontvang. Die party waarsku dat die onlangse verhoging tot net meer as 30 Suid-Afrikaanse rand per uur tot werksverliese kan lei, veral vir kwesbare groepe soos huiswerkers, plaaswerkers en tuiniers. Heloïse Denner van die VF Plus voer aan onbuigsame arbeidswette en oorregulering beskadig die ekonomie:
5 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kubermisdadigers bedrywig, maan Cran

Terwyl werkers terugkeer werk toe na die feestydvakansie, waarsku die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan dat die begin van die jaar een van die gevaarlikste periodes vir kubermisdaad is. Amptenare sê toestelle wat op openbare WiFi vir aanlyn inkopies, stroming en sosiale media gedurende die vakansie gebruik is, kan versteekte wanware in kantoornetwerke…
12 Feb 7AM 1 min

Krieket: Namibiërs hou asem op oor Delhi-stryd

Nog net sowat twee ure voordat spelers in Namibië se nasionale krieketspan een van die belangrikste wedstryde in hul loopbaan gaan speel. Die Eagles kom omstreeks halfvier Namibiese tyd teen die gedugte Indiese span in Delhi in Indië in ‘n groepwedstryd in die T20-Wêreldbeker te staan. Buiten vir die uitdaging…
12 Feb 7AM 1 min

Nust kom studente onder finansiële druk tegemoet

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het 'n skuldkwytskelding aangekondig wat daarop gemik is om finansieel beperkte studente in staat te stel om met 2026-registrasie voort te gaan en hul studies voort te sit. Nust-woordvoerder Cindy van Wyk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die maatreël bedoel is…
12 Feb 7AM 1 min

Chinese maak ultra-moderne telekomskenking aan regering

Die Chinese regering het vanoggend amptelik 'n satelliet-gronddata-ontvangstasie aan Namibië oorhandig. Die stasie, wat by die Telecom Namibia-aardstasie in Windhoek gehuisves word, sal dien as 'n nasionale fasiliteit wat natuurlike hulpbronbestuur, landbouproduktiwiteit, ramprisikobestuur, klimaatsveranderingsversagting, teenstropery-inisiatiewe en vredeshandhawingsoperasies ondersteun. Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, het gesê die stasie sal…
12 Feb 7AM 1 min

Prysmonster deins terug in Januarie

Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers van 2,9 persent is die laagste in minstens 12 maande. Dis hoofsaaklik te danke aan voedselinflasie van net 1,9 persent, ‘n drastiese daling van die 5,6 persent ‘n Januarie 2025. Die hoogste inflasie, volgens die Namibiese Statistiekagentskap, was onder huishoudings, wat op 4,6% staan, gevolg…
12 Feb 5AM 1 min