Terwyl werkers terugkeer werk toe na die feestydvakansie, waarsku die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan dat die begin van die jaar een van die gevaarlikste periodes vir kubermisdaad is. Amptenare sê toestelle wat op openbare WiFi vir aanlyn inkopies, stroming en sosiale media gedurende die vakansie gebruik is, kan versteekte wanware in kantoornetwerke…
Nog net sowat twee ure voordat spelers in Namibië se nasionale krieketspan een van die belangrikste wedstryde in hul loopbaan gaan speel. Die Eagles kom omstreeks halfvier Namibiese tyd teen die gedugte Indiese span in Delhi in Indië in ‘n groepwedstryd in die T20-Wêreldbeker te staan. Buiten vir die uitdaging…
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het 'n skuldkwytskelding aangekondig wat daarop gemik is om finansieel beperkte studente in staat te stel om met 2026-registrasie voort te gaan en hul studies voort te sit. Nust-woordvoerder Cindy van Wyk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die maatreël bedoel is…
Die Chinese regering het vanoggend amptelik 'n satelliet-gronddata-ontvangstasie aan Namibië oorhandig. Die stasie, wat by die Telecom Namibia-aardstasie in Windhoek gehuisves word, sal dien as 'n nasionale fasiliteit wat natuurlike hulpbronbestuur, landbouproduktiwiteit, ramprisikobestuur, klimaatsveranderingsversagting, teenstropery-inisiatiewe en vredeshandhawingsoperasies ondersteun. Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, het gesê die stasie sal…
Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers van 2,9 persent is die laagste in minstens 12 maande. Dis hoofsaaklik te danke aan voedselinflasie van net 1,9 persent, ‘n drastiese daling van die 5,6 persent ‘n Januarie 2025. Die hoogste inflasie, volgens die Namibiese Statistiekagentskap, was onder huishoudings, wat op 4,6% staan, gevolg…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.