Ontleder sê DA moet swart leier aanstel

Loading player...
Die politieke ontleder Harald Pakendorf sê die DA moet 'n swart leier aanstel wanneer John Steenhuisen in April vertrek. Hy bly aan as landbouminister. Pakendorf dink die DA moet sy aantrekkingskrag buite die middelklas verbreed, en merk op byna 80-persent van kiesers is swart. Hy het aan Newzroom Afrika gesê 'n geloofwaardige swart leier kan help om die party se nasionale aansien te versterk voor toekomstige verkiesings:
5 Feb 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kubermisdadigers bedrywig, maan Cran

Terwyl werkers terugkeer werk toe na die feestydvakansie, waarsku die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan dat die begin van die jaar een van die gevaarlikste periodes vir kubermisdaad is. Amptenare sê toestelle wat op openbare WiFi vir aanlyn inkopies, stroming en sosiale media gedurende die vakansie gebruik is, kan versteekte wanware in kantoornetwerke…
12 Feb 7AM 1 min

Krieket: Namibiërs hou asem op oor Delhi-stryd

Nog net sowat twee ure voordat spelers in Namibië se nasionale krieketspan een van die belangrikste wedstryde in hul loopbaan gaan speel. Die Eagles kom omstreeks halfvier Namibiese tyd teen die gedugte Indiese span in Delhi in Indië in ‘n groepwedstryd in die T20-Wêreldbeker te staan. Buiten vir die uitdaging…
12 Feb 7AM 1 min

Nust kom studente onder finansiële druk tegemoet

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het 'n skuldkwytskelding aangekondig wat daarop gemik is om finansieel beperkte studente in staat te stel om met 2026-registrasie voort te gaan en hul studies voort te sit. Nust-woordvoerder Cindy van Wyk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die maatreël bedoel is…
12 Feb 7AM 1 min

Chinese maak ultra-moderne telekomskenking aan regering

Die Chinese regering het vanoggend amptelik 'n satelliet-gronddata-ontvangstasie aan Namibië oorhandig. Die stasie, wat by die Telecom Namibia-aardstasie in Windhoek gehuisves word, sal dien as 'n nasionale fasiliteit wat natuurlike hulpbronbestuur, landbouproduktiwiteit, ramprisikobestuur, klimaatsveranderingsversagting, teenstropery-inisiatiewe en vredeshandhawingsoperasies ondersteun. Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, het gesê die stasie sal…
12 Feb 7AM 1 min

Prysmonster deins terug in Januarie

Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers van 2,9 persent is die laagste in minstens 12 maande. Dis hoofsaaklik te danke aan voedselinflasie van net 1,9 persent, ‘n drastiese daling van die 5,6 persent ‘n Januarie 2025. Die hoogste inflasie, volgens die Namibiese Statistiekagentskap, was onder huishoudings, wat op 4,6% staan, gevolg…
12 Feb 5AM 1 min