Starmer sê weer jammer, die keer aan Epstein-slagoffers

Loading player...
Die Britse eerste minister Keir Starmer het die veroordeelde pedofiel, Jeffrey Epstein, se slagoffers verskoning gevra omdat hy Peter Mandelson as die Verenigde Koninkryk se ambassadeur in Amerika aangestel het. Mandelson het sensitiewe interne staatsinligting met Epstein gedeel terwyl hy in Gordon Brown se regering gedien het. Downingstraat erken Starmer was bewus van Mandelson se bande met Epstein toe sy aanstelling vroeg verlede jaar bekragtig is. Starmer sê hy sal aanspreeklikheid verseker:
6 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gobabis-riool raak uitdagend

Ten spyte daarvan dat inwoners van Gobabis in Januarie al ernstige kommer uitgespreek het oor voortdurende rioolprobleme en die agteruitgang van oop stortingsterreine in die dorp, duur die probleem onverpoosd voort. Kosmos 94.1 Nuus het met die Gobabis-gemeenskapsaktivis Lehana Nel gesels, wat 'n ope brief geskryf het wat aan verskeie…
23 Apr 2AM 1 min

Kleinhandel styg effe in Februarie

Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Februarie met 1,6-persent op 'n jaargrondslag gestyg, hoofsaaklik aangedryf deur groei in ander kleinhandelaars en klere-, skoeisel- en tekstielwinkels. Verkope het egter met een-persent gedaal in vergelyking met Januarie op 'n seisoensaangepaste basis, wat gemengde maandelikse prestasie weerspieël. Raquel Floris van Statistieke SA sê…
23 Apr 2AM 1 min

Padwoede in SA in die soeklig

Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op motoriste om toenemende konfrontasies op paaie te vermy, aangesien oomblikke van woede agter die stuur verwoestende en onomkeerbare gevolge kan hê. Die beroep volg op die noodlottige padwoede-voorval Sondag in Emmarentia in Johannesburg. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging vra vir kalmte, selfbeheersing en groter…
23 Apr 1AM 1 min

Zelensky bepleit weer samesprekings om oorlog te beëindig

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê sy land is gereed vir enige vorm van onderhandelinge met Rusland. Hy sê dis ʼn groot risiko om te dink pogings om gevegte te beëindig kan eers weer begin as die konflik in Iran verby is. Hy het aan CNN gesê die oorlog in…
23 Apr 1AM 1 min

Kenner bied gratis seminaar aan vir SME's oor kuberveiligheid

Die land beleef groot kuberveiliheid-uitdagings en die Namibiese Wetenskaplike Vereniging sal volgende Dinsdag via Zoom 'n praatjie oor kuberveiligheid vir kleinbesighede aanbied wat fokus op e-pos- en rekeningsekuriteit. Andrew Fordred, 'n kuberveiligheidskenner en voormalige intelligensiebeampte in die Suid-Afrikaanse polisie, wat die sessie sal aanbied, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat…
23 Apr 1AM 1 min