Die uittredende leier van die DA, John Steenhuisen, ontken berigte dat hy uit die leierskapstryd gedwing is. Hy het verlede week aangekondig dat hy nie in April vir 'n derde termyn gaan staan nie. Die Helen Zille-faksie het hom glo oorreed om te onttrek weens kritiek oor sy hantering van…
Amerika se prokureur-generaal, Pam Bondi, het die Trump-administrasie se hantering van die Jeffrey Epstein-lêers verdedig. Die Departement van Justisie is gestriem oor sy versuim om elke dokument bekend te maak wat deel was van die ondersoek na die oorlede seksoortreder, en die foute in redigering toe dit uiteindelik vrygestel is…
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit sê die bek-en-klouseergeval wat op ʼn melkplaas naby Mosselbaai ondersoek is, het positief vir die virus getoets. Die geval is op ʼn plaas buite Hartenbos opgemerk. Die siekte raak diere met gesplete hoewe soos beeste, skape, bokke en varke, en veroorsaak pynlike sere in die mond en aan…
Polisie in Kanada het die verdagte wat verantwoordelik was vir die dodelike skietery Dinsdag by die Tumbler Ridge Secondary School in Brits-Columbië, as die 18-jarige Jesse Van Rootselaar geïdentifiseer. ʼn Onderwyser en vyf leerders is dood terwyl 25 ander beseer is. Die verdagte se ma en stiefbroer is later by…
Kragverskaffers mag nie meer elektrisiteit sonder vooraf kennisgewing ontkoppel nie, ingevolge nuwe regulasies van die Elektrisiteitsbeheerraad, die ECB. Dit geld vir alle lisensiehouers, insluitend streekselektrisiteitsverspreiders, munisipaliteite en NamPower. Kliënte moet nou minstens 24 uur kennis gegee word voordat elektrisiteit weens wanbetaling ontkoppel word, en dit mag nie op Vrydae en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.