Brande woed steeds in Kaapse Wynland

Loading player...
In die buurland is die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se Brandweerdiens, saam met sy vennoot CapeNature, steeds besig om 'n veldbrand by Du Toitskloofpas te bestry. Die woordvoerder Anesca Roodt sê die brand het Vrydagmiddag aan die Worcester-kant van die pas uitgebreek en oor 'n uitgebreide gebied in moeilike terrein gewoed. Sy sê teen Vrydagaand het die brand oorgewaai na die Paarl-kant van die pas: 
7 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAL se tweede ouditvrywarings is onaanvaarbaar

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê dis onaanvaarbaar dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens twee agtereenvolgende ouditvrywarings van die ouditeur-generaal ontvang het. Die lugredery het in die 2024/25-boekjaar 83-persent van sy jaarteikens bereik en 'n wins van 30-miljoen Suid-Afrikaanse rand getoon. Dit het egter 'n bedryfsverlies van 472-miljoen-rand aangeteken. Creecy het…
22 Apr 11PM 1 min

Herstel van oliepyplyn gee groenlig vir kritieke lening vir Oekraïne

Oekraïne sê dit het weer begin om Russiese olie deur 'n pypleiding na Hongarye en Slowakye te pomp, wat 'n dooiepunt oor 'n lening van 90 miljard euro tot 'n einde gebring het. Die Europese Unie-lening is as noodsaaklike steun vir Kiëf beskou, maar Hongarye se uitgaande premier Viktor Orbán…
22 Apr 11PM 1 min

Solidariteitsveldtog geloods om mense van Kuba te steun

'n Landwye solidariteitsveldtog is van stapel gestuur om steun vir die mense van Kuba te mobiliseer. Kuba staar 'n ernstige sosio-ekonomiese krisis in die gesig wat gesondheid, energie, onderwys en landbou raak as gevolg van dekades-lange Amerikaanse sanksies en die olie embargo wat tans in plek is. Die veldtog word…
22 Apr 11AM 1 min

SA inflasie styg tot 3,1% in Maart

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Maart tot 3,1-persent gestyg vanaf drie-persent in Februarie, met pryse wat maandeliks met 0,6-persent gestyg het. Die toename is aangevuur deur hoër koste in verskeie kategorieë, insluitend onderwys, vervoer, behuising en verblyfdienste. Woordvoerder Ricado Johnson sê vervoerinflasie het in deflasie gebly as gevolg van…
22 Apr 11AM 1 min