
Rugby: Snyman in sy skik met Sewes-wenners
Loading player...
Die Springbok-sewesafrigter Philip Snyman het sy spelers geprys vir hulle oorwinning in die Perth-sewes, nadat hulle verlede naweek in Singapoer slegs vierde plek kon haal. Suid-Afrika het Fidji met 21-19 verslaan om hul eerste titel in Australië sedert 2017 te verower. In die vroue-afdeling het Nieu-Seeland Australië met 29-7 geklop om hul derde titel van die seisoen te verower. Snyman sê die oorwinning in die eindstryd is te danke aan kalmte, en goeie verdediging en dissipline:

