
Zaamwani sal dié week sê oor bek-en-klou
Loading player...
Landbouminister Inge Zaamwani sal vandeesweek duidelikheid verskaf oor die regering se planne om te verhoed dat die bek-en-klouseer-uitbreking in buurlande, veral in Suid-Afrika, na Namibië oorspoel. Zaamwani het die naweek op Otjiwarongo die publiek en boere gerusgestel en teen paniek gemaan. Volgens haar is Namibië se dieregesondheidstelsels goed voorbereid om enige risiko’s te hanteer. Zaamwani het ‘n beroep op waaksaamheid gedoen, veeartsenykundige riglyne te volg en enige verdagte gevalle onmiddellik aan te meld.

