
'Veiligheid van aanklaers, regspraktisyns van nasionale belang'
Loading player...
Die Namibia Law Association eis ‘n onafhanklike, deeglike en spoedige ondersoek na verlede Oktober se aanval op Ondangwa-aanklaer Justine Shiweda, wat Saterdagoggend in ‘n hospitaal in Windhoek aan haar beserings dood is. Sy was in ‘n lokval gelei, met sout- en swaelsuur gegooi en toe geskiet. Die regsvereniging sê die veiligheid van alle aanklaers en regspraktisyns moet as ‘n saak van nasionale belang hanteer word. Die uitvoerende direkteur van die justisieministerie, Audrin Mathe, het die naweek verskerpte veiligheidsmaatreëls beloof. Kosmos 94.1 Nuus het hom daaroor genader:

