
'Toegang tot inligting nie net 'n modewoord'
Loading player...
Toegang tot inligting is ‘n basiese reg wat deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare deelname bevorder. Die inligtingministerie is steeds stil oor die kwessie nadat die betrokke wetgewing aanvaar en in 2022 in die Staatskoerant gepubliseer is. Die kantoor van die inligtingkommisaris is ook nog nie gevestig nie. Cran sê toegang tot inligting is noodsaaklik vir inklusiewe besluitneming en is ver van net 'n modewoord. Jennifer Pogisho, die lynbestuurder by Cran, het meer.

