
Nuwe diplomatieke era vir Namibië en Amerika
Loading player...
Die ambassade van Amerika het onlangs 'n perverklaring vrygestel wat sê die aankoms van ambassadeur John Giordano in Namibië dui op ’n nuwe en meer strategiese fase in die verhouding tussen Amerika en Namibië. Giordano se mandaat gaan fokus op energie-sekerheid, kritieke minerale en infrastruktuurontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gekry.

