
Amerikaanse voetbal: Seattle Seahawks nuwe Super Bowl-konings
Loading player...
Die Seattle Seahawks is vir die tweede keer die Super Bowl-kampioene nadat hulle 'n oortuigende oorwinning van 29-13 teen die New England Patriots by Levi-stadion in Santa Clara, Kalifornië, behaal het. Die oorwinning volg elf jaar nadat hulle teen die Patriots in die Super Bowl verloor het, en 12 jaar nadat hulle hul eerste NFL-titel met 'n oorweldigende oorwinning oor die Denver Broncos verower het. Seahawks-quarterback Sam Darnold sê dis ’n ongelooflike gevoel om die Super Bowl te wen:

