
Onttrekking uit RNE katastrofies, waarsku Steenhuisen
Loading player...
Die uittredende DA-leier John Steenhuisen het gewaarsku dat enige toekomstige besluit om die regering van nasionale eenheid te verlaat, katastrofies kan wees. Hy het verlede week aangekondig dat hy nie vir 'n derde termyn by die party se verkiesingskongres in April sal staan nie. Kritici sê sommige van die kandidate wat die leierspos kan oorneem, is teen die koalisie-ooreenkoms. Steenhuisen het sy besluit om by die RNE aan te sluit in City Press verdedig en gesê dit was die regte ding vir die DA om te doen:

