
Polisie op oorlogspad oor onwettige mynwerkers in Gauteng
Loading player...
Die Gautengse polisie sê hulle sal voortgaan met die stryd teen onwettige mynbedrywighede in die provinsie. Dit volg nadat die polisie Sondag in Carletonville twee vermeende onwettige mynwerkers doodgeskiet het tydens ʼn intelligensie-geleide operasie. Woordvoerder Tintswalo Sibeko sê die operasie is uitgevoer nadat hulle inligting ontvang het dat onwettige mynwerkers ʼn groot voorraad ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie het:

