
Inenting teen servikale kanker nou by gesondheidsentrums beskikbaar
Loading player...
Namibië staar 'n kankerkrisis in die gesig, met meer as 4 000 nuwe gevalle wat jaarliks aangemeld word en 'n toename van 12 persent elke jaar. Stygende getalle, veral borskanker onder jong vroue in die Noorde, is kommerwekkend. Daar is ook toenemende gevalle van prostaat- en servikale kanker. Tuwilika Kamati, die gesondheidministerie se senior gesondheidsprogramoffisier, het met die media gepraat oor die inenting teen servikale kanker.

