
Damme bykans 78% vol
Loading player...
Namibië se damme is tans 77,7 persent in totaal vol, aansienlik meer as die 54,4 persent van die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, toon die jongste syfers van NamWater. Reënvooruitsigte vir die week is gemeng, met verspreide buie en donderstorms wat in die binneland verwag word, veral in die middae en aande. Die kanse vir reën verbeter na die naweek se kant toe, met meer wydverspreide storms wat in sekere streke verwag word. Maar wat van vandag? Meteoroloog Michelle du Plessis van Vox Weather in Suid-Afrika het meer:

