
MUN vies oor Beifang werkers skors
Loading player...
Die Mynwerkersunie van Namibië het die skorsing van tien werkers deur Beifang Mining Technological Services, 'n kontrakteur wat ondersteuningsdienste by die Husab-myn lewer, sterk veroordeel. Die vakbond sê die bestuur het voortydig opgetree deur werknemers te skors ten spyte van geskilbeslegtingsmeganismes wat in bindende erkennings- en prosedurele ooreenkomste uiteengesit word. Die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

