
Storm Gezani behoort SA te spaar
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens monitor noukeurig die matige tropiese storm Gezani in die suidwestelike Indiese Oseaan, oos van Madagaskar. Die storm sal na verwagting vandag die oostelike dele van Madagaskar bereik en moontlik versterk voor dit land bereik. Tokelo Chiloane van die weerdiens sê Gezani sal moontlik verswak nadat dit oor Madagaskar beweeg het, maar kan weer versterk wanneer dit later in die week die Mosambiekkanaal bereik:

