Sake lyk goed vir Namibiese dollar

Loading player...
Sedert die begin van die jaar het die Amerikaanse geldeenheid teenoor die Suid Afrikaanse rand begin val. Die laaste wisselkoers het aangedui dat die rand op 16-rand-91-sent teenoor die Amerikaanse dollar staan. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper gepraat wat voorspel dat die dollar nog verder kan verswak.
10 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN breek lansie vir skoon, hernubare energie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het internasionale vennote genooi om met die land saam te werk om sy energiemengsel te diversifiseer, met 'n spesifieke fokus op hernubare energie. Nandi-Ndaitwah het aan diplomate wat hierdie week geakkrediteer is, gesê dat volhoubare ontwikkeling nie bereik kan word sonder betroubare, bekostigbare en veilige energie nie.
11 Feb 10AM 1 min

Saai vies oor verwydering van BKS-kenner

Saai kritiseer die verwydering van 'n kenner op die gebied van bek-en-klouseer, Danie Odendaal, van 'n ministeriële taakspan en waarsku dit kan pogings verswak om uitbrekings te beheer. Theo De Jager van Saai sê spesialiskennis is noodsaaklik om vee te beskerm en die landbou-ekonomie te beveilig. Hy versoek die Departement…
11 Feb 10AM 1 min

Kry maatskaplike toelae op hierdie datums

Die uitbetalings van maatskaplike toelae het op die 9de Februarie begin, met die verskillende toelae wat op verskillende datums betaal word. Die publiek word aangemoedig om net op die datums wanneer hulle toelae uitbetaal word, na poskantoor-betaalpunte te gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewald, die woordvoerder van Nampost…
11 Feb 9AM 1 min

Ngurare beloof om aanlyn-visumstelsel te ondersoek

Eerste minister Elijah Ngurare het vandag in die parlement belowe om dringend ondersoek in te stel na bewerings dat die Binnelandse Sake-ministerie se aanlyn-visumstelsel beheer word deur 'n privaat individu met die mag om amptelike besluite te oorskry. Berigte beweer ook dat ministerie-amptenare toestemming benodig om toegang tot die stelsel…
11 Feb 9AM 1 min