
Rugby: Ervare Bokspan koers Kenia toe vir vroue-sewes
Loading player...
Afrigter Cecil Afrika het die beproefde kern van die Springbok-vrouespelers behou vir die naweek se Sewes-Twee-toernooi in Kenia. Tien van die spelers was in die groep wat verlede maand die Sewes-Drie-toernooi in Dubai gewen het, wat hulle na die volgende kwalifiserende fase laat vorder het. Die blitsvinnige Shannon-Lee Windvogel kan haar debuut in Nairobi maak in die plek van die beseerde Vianca Boer, terwyl Lerato Makua oorneem by Zintle Mpupha, wat diens doen by die Bulle se Daisies. Die ervare Nadine Roos sal die groep lei.

