
Withuis tjoepstil oor Trump met polisie praat
Loading player...
Die Withuis weier om te sê of president Donald Trump in 2006 met die Palm Beach-polisiedepartement oor wyle Jeffrey Epstein gepraat het. Volgens ʼn FBI-dokument in die Epstein-lêers wat onlangs bekendgemaak is, beweer die gewese polisiehoof van Florida, Michael Reiter, hy het ʼn telefoonoproep van Trump ontvang waarin hy gesê het almal weet van Epstein se gedrag. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê Trump ontken steeds hy het wat Epstein betref, enige iets verkeerd gedoen:

