
Ramaphosa, Putin praat oor vrede in Oekraïne
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika ondersteun steeds 'n diplomatieke oplossing vir die konflik tussen Rusland en Oekraïne. In 'n telefoniese gesprek met die Russiese president Vladimir Putin het Ramaphosa herhaal dat alle oorloë deur onderhandelinge moet eindig. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya sê die twee leiers het ook handel, beleggings en samewerking in internasionale forums soos Brics en die G20 bespreek:

