
Regering moet dringend ingryp by SA Poskantoor, eis Cosatu
Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu sê hy gaan dringend met die regering in verbinding tree om werkbare oplossings te vind vir die voortdurende krisisse wat dreig om die Suid-Afrikaanse Poskantoor in duie te laat stort. Volgens die Poskantoor se sakereddingspraktisyns sal hulle waarskynlik moet bereken of enige redelike vooruitsigte bestaan om dié staatsinstelling te red. Die woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê dit is ook kommerwekkend dat SAPO nog nie die beloofde 3,8 miljard rand van die nasionale tesourie ontvang het nie:

