
Skoolskietery in Kanada eis minstens nege lewens
Loading player...
Minstens nege mense is in 'n skietery by die Tumbler Ridge Secondary School in Brits-Columbië in Kanada dood. Ses mense is op die toneel doodgeskiet en nog een het onderweg na 'n hospitaal beswyk. Nog twee liggame is later op 'n ander toneel gevind, maar die polisie glo die sterftes hou met die skietvoorval verband. Die hoofsuperintendent van die Kanadese Berede Polisie in die noordelike gebied, Ken Floyd, sê nagenoeg 25 mense is in die aanval beseer, maar is buite gevaar:

