
Pikkewyne op Mercury-eiland sukkel
Loading player...
Wetenskaplike studies skets 'n ontnugterende prentjie van die uitdagings waarmee Namibië se Afrika-pikkewyne te kampe het. Navorsing op Mercury-eiland toon dat die pikkewyne gedwing word om te oorleef op lae-energie prooi, soos grond-els, eerder as hul voorkeurdieet van sardientjies en ansjovis. Dit verminder hul teelsukses, kuikenoorlewing en algehele gesondheid drasties. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia gepraat.

