
SA polisie skiet vier verdagtes in Inanda dood
Loading player...
Die polisie in KwaZulu-Natal het Dinsdagaand vier voortvlugtige verdagtes in die Amatikwe-plakkerskamp in Inanda in 'n skietgeveg doodgeskiet. Hulle is gesoek vir misdade soos moord, poging tot moord en gewapende roof. Die polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê lede van die SAPD se Inanda-taakspan en provinsiale opsporingspan het inligting opgevolg dat die verdagtes in hul wegkruipplek in ʼn plakkershut in Amatikwe opgemerk is:

