
Dodetal in Kanadese skoolskietery styg tot 10
Loading player...
Die aantal mense wat gesterf het nadat 'n aanvaller losgebrand het op 'n hoërskool in Wes-Kanada, het tot tien gestyg, insluitend die vermeende aanvaller. Die Koninklike Kanadese Berede Polisie sê ses mense is doodgeskiet in 'n hoërskool in Tumbler Ridge, Brits-Colombië, en twee in 'n nabygeleë woning. Nog 'n persoon het op pad na die hospitaal gesterf en die aanvaller het volgens berigte selfdood gepleeg. Brits-Colombië se minister van Openbare Veiligheid, Nina Krieger, sê alle hulpbronne sal ingespan word om deeglik ondersoek in te stel:

