
Saai vies oor verwydering van BKS-kenner
Loading player...
Saai kritiseer die verwydering van 'n kenner op die gebied van bek-en-klouseer, Danie Odendaal, van 'n ministeriële taakspan en waarsku dit kan pogings verswak om uitbrekings te beheer. Theo De Jager van Saai sê spesialiskennis is noodsaaklik om vee te beskerm en die landbou-ekonomie te beveilig. Hy versoek die Departement van Landbou om die besluit te verduidelik en te verseker siektebestuurs-programme bly doeltreffend en behoorlik ondersteun:

