President Netumbo Nandi-Ndaitwah het internasionale vennote genooi om met die land saam te werk om sy energiemengsel te diversifiseer, met 'n spesifieke fokus op hernubare energie. Nandi-Ndaitwah het aan diplomate wat hierdie week geakkrediteer is, gesê dat volhoubare ontwikkeling nie bereik kan word sonder betroubare, bekostigbare en veilige energie nie.
Saai kritiseer die verwydering van 'n kenner op die gebied van bek-en-klouseer, Danie Odendaal, van 'n ministeriële taakspan en waarsku dit kan pogings verswak om uitbrekings te beheer. Theo De Jager van Saai sê spesialiskennis is noodsaaklik om vee te beskerm en die landbou-ekonomie te beveilig. Hy versoek die Departement…
Die uitbetalings van maatskaplike toelae het op die 9de Februarie begin, met die verskillende toelae wat op verskillende datums betaal word. Die publiek word aangemoedig om net op die datums wanneer hulle toelae uitbetaal word, na poskantoor-betaalpunte te gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Gladwin Groenewald, die woordvoerder van Nampost…
Eerste minister Elijah Ngurare het vandag in die parlement belowe om dringend ondersoek in te stel na bewerings dat die Binnelandse Sake-ministerie se aanlyn-visumstelsel beheer word deur 'n privaat individu met die mag om amptelike besluite te oorskry. Berigte beweer ook dat ministerie-amptenare toestemming benodig om toegang tot die stelsel…
Die Global Water Partnership Organisation het vanoggend amptelik sy hoofkwartier in Windhoek geopen na die ondertekening van 'n ooreenkoms met die ministerie van water en landbou. Die organisasie beoog om meer as 15 miljard Amerikaanse dollar in waterbeleggings wêreldwyd te mobiliseer deur bankbare projekpyplyne te skep en innoverende gemengde publiek-private…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.