Méér as N$1,5 miljard nodig vir bek-en-klou, sê ekonoom

Loading player...
Reaksie word ontvang op landbouminister Inge Zamwaani se aankondiging dat 1,5 miljard Namibiese dollar benodig word vir voorkomingsmaatreëls teen bek-en-klouseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike ekonoom Salamo Hei van High Economic Intelligence, wat sê die land sal oor die langtermyn veel meer moet belê.
12 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe kragreëls: 'CoW steur hom nie nie aan ECB'

Kragverskaffers mag nie meer elektrisiteit sonder vooraf kennisgewing ontkoppel nie, ingevolge nuwe regulasies van die Elektrisiteitsbeheerraad, die ECB. Dit geld vir alle lisensiehouers, insluitend streekselektrisiteitsverspreiders, munisipaliteite en NamPower. Kliënte moet nou minstens 24 uur kennis gegee word voordat elektrisiteit weens wanbetaling ontkoppel word, en dit mag nie op Vrydae en…
12 Feb 1AM 1 min

SA verkies tot AU se vredes-, veiligheidsraad

Suid-Afrika is vir 'n termyn van twee jaar tot die vredes- en veiligheidsraad van die Afrika-unie verkies. Die raad van 15 lede bemiddel tydige en doeltreffende reaksie op konflik- en krisissituasies in Afrika. Die woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika se termyn in…
12 Feb 1AM 1 min

Petroleum is olie op vuur in parlement

Die parlement het Woensdag in chaos verval toe Swapo-parlementslede opgestaan het om hul steun vir die Wysigingswetsontwerp op Petroleum, waarvolgens die stroomop olie- en gasbedryf onder die president se kantoor sal val, uit te spreek. Lede van die opposisie het aangevoer dat die uitvoerende gesag reeds beplan het om die…
12 Feb 1AM 1 min

Ekonomie, fiskus brandpunte in SA staatsrede vanaand

President Cyril Ramaphosa het aangedui dat ekonomiese druk en fiskale beperkings vanaand belangrike temas in sy staatsrede sal wees. Hy sal na verwagting ingrypings vir die komende boekjaar aankondig, en uitbrei oor Suid-Afrika se plaaslike prioriteite, asook die land se verhoudings op die vasteland en internasionaal. Ramaphosa sê sy toespraak…
12 Feb 1AM 1 min

Krieket: G'n oefentyd vir Namibië onder spreiligte

Namibië vat vandag krieket se T20 wêreldkampioene, Indië, in 'n aandwedstryd aan sonder oefentyd onder spreiligte. Kaptein Gerhard Erasmus het Dinsdag tydens ‘n mediakonferensie dié oorsig van die Internasionale Krieketraad uitgewys, maar het gesê Namibië sal soos altyd deurdruk. Hy het beklemtoon aandwedstryde vind nie in Namibië plaas nie. Die…
12 Feb 1AM 1 min