
Namibië 'nuwe goue provinsie', sê TotalEnergies
Loading player...
TotalEnergies sal na verwagting teen die middel vanjaar ‘n finale beleggingsbesluit oor die aflandige Venus-olieveldprojek in die Oranje-bekken neem, met die eerste olieproduksie wat teen 2030 geteiken word. Arnaud le Foll, TotalEnergies se adjunk-hoof finansiële beampte, het Dinsdag aan ontleders gesê Namibië is dié internasionale oliereus se “nuwe goue provinsie” en dat hulle die volle samewerking van die Namibiese regering het. ‘n Finale beleggingsbesluit oor die Mopane-olieveldprojek word in 2028 verwag. Sáám beskik Venus en Mopane potensieel oor tussen 1,55 miljard en 1,85 miljard vatte olie en dié twee velde sal sowat 350 000 vate olie per dag kan lewer.

