
Krieket: G'n oefentyd vir Namibië onder spreiligte
Loading player...
Namibië vat vandag krieket se T20 wêreldkampioene, Indië, in 'n aandwedstryd aan sonder oefentyd onder spreiligte. Kaptein Gerhard Erasmus het Dinsdag tydens ‘n mediakonferensie dié oorsig van die Internasionale Krieketraad uitgewys, maar het gesê Namibië sal soos altyd deurdruk. Hy het beklemtoon aandwedstryde vind nie in Namibië plaas nie. Die wedstryd begin om sewe vanaand in Delhi – in Namibiese tyd 15:30 vanmiddag.

