
Bek-en-klou bevestig in Tuinroete
Loading player...
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit sê die bek-en-klouseergeval wat op ʼn melkplaas naby Mosselbaai ondersoek is, het positief vir die virus getoets. Die geval is op ʼn plaas buite Hartenbos opgemerk. Die siekte raak diere met gesplete hoewe soos beeste, skape, bokke en varke, en veroorsaak pynlike sere in die mond en aan hoewe. Die munisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, sê vee op twee aangrensende plase toon ook tekens van die siekte:

