VERSKILMAKERS: The Butterfly Foundation

Loading player...
The Butterfly Foundation het ontstaan uit ’n eenvoudige maar kragtige begeerte: om terug te gee aan die gemeenskap en God se liefde tasbaar uit te leef. Wat begin het as ’n groep vriende met ’n hart vir diensbaarheid, het gegroei tot ’n geloofsgedrewe organisasie wat mense, vaardighede en hulpbronne mobiliseer vir volhoubare projekte wat gemeenskappe transformeer. Gedryf deur Romeine 12:2, fokus The Butterfly Foundation op innerlike vernuwing wat lei tot uiterlike impak... ’n wandel van geloof wat sigbaar word in daadwerklike liefde.
12 Feb 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Entrepreneurskapsreeks: Van stokperdjie na inkomste

Baie mense sit met ’n talent of stokperdjie, maar min weet hoe om dit in ’n volhoubare inkomste te omskep. In ons entrepreneurskapsreeks gesels ons met Linda van der Walt oor praktiese wenke, eerlike raad en lesse wat aspirant-entrepreneurs kan help om slimmer, vinniger en met meer selfvertroue te begin…
4 Mar 5AM 12 min

Aktualiteit: Ilse Strauss doen verslag uit Israel

Ilse Strauss is die direkteur van Internasionale Ontwikkeling by Bridges for Peace, 'n Christenorganisasie van vrywilligers. Sy woon saam met haar gesin in Jerusalem. Sy is tans in Pretoria om by haar ma te wees en ons gesels met haar oor die situasie in die Midde-Ooste.
4 Mar 4AM 26 min

Pretoria Instituut vir Argitektuur: Voices & Visions kompetisie

Donette Werkman is die president van die Pretoria Instituut vir Argitektuur en een van die dryfkragte agter Voices & Visions — ’n nuwe argitektuurtoekenningsplatform wat argitektuur uit die handboeke haal en teruggee aan die mense wat dit daagliks beleef. Hierdie inisiatief nooi die publiek om saam te praat oor watter…
24 Feb 5AM 8 min

Dok, is dit normaal dat my tandvleis bloei?

Dr Simoné du Toit by MenlynMed se tandarts-afdeling beantwoord Nicolene se vraag oor of dit normaal is dat haar tandvleis gereeld bloei wanneer sy tande borsel.
24 Feb 5AM 2 min