Ramaphosa verklaar bek-en-klou nasionale ramp

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die uitbreking van bek-en-klouseer in die land as nasionale ramp verklaar en sê die grootvee-bedryf beleef een van die ergste uitbrekings ooit. Hy het Donderdagaand in sy staatsrede gesê die siekte benadeel die ekonomie, en lei tot ʼn verbod op uitvoere, tot handelsbeperkings en die verwoesting van kuddes. Hy sê die regering sal saam met die privaatsektor werk om doeltreffende inenting te verseker:
13 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jagsektor paraat teen bek-en-klouseer

Weens bek-en-klouseer in naburige Suid-Afrika en Botswana, wat 'n risiko vir Namibië inhou, bly die land se jaggemeenskap op hoë gereedheidsgrondslag. Kosmos 94.1 Nuus het met Hannes du Plessis, die president van die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, gepraat, wat sê daar is geen direkte risiko vir jagters nie. Hy het…
13 Feb 1AM 1 min

Bitter krisis vir suikerbedryf in SA

Die Suid-Afrikaanse suikernywerheid staar 'n ernstige krisis in die gesig met Tongaat Hulett wat nader aan likwidasie beweeg. Die maatskappy se meulens, raffinaderye en verbouing van suikerriet ondersteun duisende klein- en grootskaalse produsente in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die voorsitter van die SA Suikerrietkwekersvereniging, Higgins Mdluli, waarsku die ineenstorting bedreig die…
13 Feb 1AM 1 min

Dodelike brande alledaags in informele nedersettings

Dodelike brande vind gereeld in informele nedersettings plaas. Vroeër die week het 'n twee-en-'n-half-jaar-oue dogtertjie en haar 20-jarige tannie gesterf in 'n brand in hul sinkhuis in Kuisebmond. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige Walvisbaai-raadslid en gemeenskap-aktivis Ryan Gordan oor die kwessie gepraat.
13 Feb 1AM 1 min

Krieket: Eagles-kaptein maak geskiedenis teen Indië

Namibië se Gerhard Erasmus het Donderdag maar net die derde krieketkaptein ooit geword om vier paaltjies van Indië in T20 krieket te kantel. Erasmus se wêreldbekerklas draaibal-aanval in Delhi het oor net vier beurte gestrek. Hy was die mees ekonomiese Namibiese bouler in die wedstryd deur net 20 lopies af…
13 Feb 1AM 1 min

Wêreldradiodag: Hier's Namibië se stemme!

Vandag is Wêreldradiodag, wat elke jaar op 13 Februarie gevier word. Vanjaar is die fokus op hoe KI uitsending, produksie en toeganklikheid kan verbeter, terwyl dit verseker dat menslike redaksionele oordeel sentraal bly. Kosmos 94.1 Nuus het met verskeie leerders, studente en stemme in die bedryf gepraat wat hulle mening…
13 Feb 12AM 2 min